Twee gratis werkboeke: “In Pas met die lewende God” en “Egte gesprek”

Twee bruikbare en gratis publikasies het by die Algemene Sinode verskyn. Beide is nog in ‘n toetsfase, met kommentaar oor die bruikbaarheid wat verwelkom word.

    Die eerste is: In Pas met die lewende God – ritmes en gewoontes vir roepingsgetroue gemeentes.  Hier is ‘n oorvloed praktyke, ritmes en gewoontes waarvan gemeentes kan kies om te groei in roepingsgetrouheid. Dit is ‘n reis wat gemeentes ook saam kan onderneem. Laai In Pas hier af.

    Tweedens het Egte Gesprek, ‘n raamwerk vir etiese onderskeiding in gemeentes verskyn. Die publikasie is bedoel vir praktiese gebruik in gemeentes. Dit is gerangskik in ‘n siklus van vyf bewegings wat ons help in die ontdek van God se wil. Laai Egte Gesprek hier af.