Gratis hulpbron: Hoe Gereformeerdes die Bybel lees en verstaan

Dit is opnuut tyd om in gemeentes te gesels oor die lees en verstaan van die Bybel. Die Bybel is die gesaghebbende Woord van God. Binne die Gereformeerde tradisie weet ons dat die hele Bybel die Woord van God is en dat dit verantwoordelik gelees en uitgelê moet word.

    Prof Dirkie Smit het ‘n paar jaar gelede ‘n goeie aanbieding oor hierdie onderwerp by Durbanville-gemeente gemaak. Dit is hier op Youtube beskikbaar.

    Nou het ds Willem Schoeman ‘n Powerpoint van hierdie aanbieding gemaak waar predikante die onderwerp maklik in gemeentes kan toelig (luister eers na Dirkie se praatjie). Laai die Powerpoint hier af.